GRAAFF-REINET NUUS - Die Narsingstraat Primêre Skool in Asherville, Graaff-Reinet, is baie opgewonde om die skool se nuwe hoofleiers van 2018 bekend te maak.
Bernard MacPherson is aangewys as onderhoofseun terwyl Jermaine September sal dien as die skool se hoofseun.
Elnay Adams is die skool se nuwe hoofdogter.
Sy sal bygestaan word deur die nuwe onderhoofdogter, Catherolene van Rooyen.
Hulle is deur die skoolhoof, Amos Grootboom gelukgewens.
Die leiers het die taak om in die komende skooljaar die wet en orde in die skool te handhaaf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'