GRAAFF-REIENT NUUS - Dit is nie nodig om Hannelie Pienaar aan die Graaff-Reinet-gemeenskap bekend te stel nie.
As jarelange inwoner het sy al diep spore in die gemeenskap getrap.
Sy is die vrou agter die Matchpoint Tennisakademie en al is sy in die agtergrond, doen sy merkwaardige werk waarvoor sy haar alles gee.
Self 'n goeie tennisspeler, het sy die liefde vir tennis vanaf 'n voreë ouderdom by haar dogters, Inalise en Minette, aangewakker.
Na die voltooïng van haar dogters se studies in Amerika, het Hannelie die Matchpoint Tennisakademie in Graaff-Reinet gestig en die voortou geneem in al die reëlings en administrasie daarvan.
Na al die jare bly sy steeds die dryfveer after dié suksesvolle onderneming en inspireer haar passie vir tennis, haar liefde vir haar kinders en kleinkinders en haar positiwiteit oor die lewe almal wat haar ken.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'