GRAAFF-REINET NUUS - Die NG Graaff-Reinet-gemeente het verlede week hul jaarlikse straatwinkel gehou.
Dié projek behels die oprigting van ‘n opslaan-“winkel” vir behoeftiges langs die kerk se perseel op Somersetstraat se sypaadjie.
Daar word klere, skoene en bykomstighede netjies uitgepak en op hangers gehang, wat voetgangers dan in die verbygang kan "koop".
Die “kopers” is die haweloses en armgelastigdes wat, na gelang van hul behoeftes, vir hulle van dié klere kan uitsoek - gratis.
Dié inisiatief gee aan minderbevooregtes die gevoel dat hul gemeenskap omgee, en hulle ervaar die menswaardigheid, ontspanning en vrye gevoel van koop en kleinhandel.
Dit is reeds die vierdie keer dat die kerk dié idee suksesvol laat realiseer.
Die kerk se gemeentelede word in die weke wat dié straatwinkel voorafgaan, versoek om klere en ander artikels wat nog in ‘n goeie en skoon toestand is, ten bate van die straatwinkelprojek na die kerk te bring. Die projek word jaarliks goed ondersteun en hierdie jaar beoog die organiseerders daarvan om dit na ander behoeftige gebiede ook te neem.
“Ons gemeente het hierdie jaar ‘n geweldige groot reaksie getoon en ons is baie dankbaar dat ons, as gevolg van hierdie reaksie, die geleentheid het om nóg meer mense te kan help,” meen ds. Ben van Tonder, die gemeente se leraar.
“Ek verwys graag na ‘n aanhaling van Lee Strobel en wel ‘that no expression of compassion to another human being is ever a wasted effort’. Ons gebed is dat ons elkeen ook na die randfigure in ons gemeenskap sal uitreik. Dit kan iemand wees wat anders as jy dink, anders as jy lyk, anders as jy glo en anders as jy praat. Mag ons Jesus se hande en voete wees in Graaff-Reinet,” sê dr. van Tonder.
In die tweede kwartaal gaan die NG Graaff-Reinet ook ‘n “Een-dag-sonder-skoene”-projek loods, waar die gemeente uitgedaag gaan word om sonder skoene kerk toe te gaan en dan ‘n paar skoene te skenk ten bate van behoeftiges.
Die “kopers” is die haweloses en armgelastigdes wat, na gelang van hul behoeftes, vir hulle van dié klere kan uitsoek - gratis.
Daar word klere, skoene en bykomstighede netjies uitgepak en op hangers gehang, wat voetgangers dan in die verbygang kan "koop".
Dit is reeds die vierdie keer dat die kerk dié idee suksesvol laat realiseer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'