GRAAFF-REINET NUUS - Lynette Ittershagen-Strauss het die afgelope naweek vir die 100ste keer vir die eerste hokkiespan van Hoër Volkskool uitgedraf.
Sy het in 2015 as 'n Graad 9-leerling haar debuut gemaak tydens die Union High Festival, in Graaff-Reinet.
In 2017 is sy verkies as onderkaptein van die span en in 2018 is sy as kaptein aangewys.
Wat die prestasie nog meer spesiaal gemaak het is dat haar ouers en grootouers saam met haar hierdie mylpaal kon vier.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'