Gallery
GRAAFF-REINET NUUS – Aan die einde van die tweede skoolkwartaal, het Weppie Preppie weer hul jaarlikse oupa- en oumadag aangebied.
Oupa- en oumadag is ’n baie spesiale jaarlikse instelling by dié kleuterskool – oupas en oumas word genooi en bederf om dankie te sê vir alles wat hulle vir hul kleinkinders beteken.
Daar word konsert gehou, gesmul en gelag.
Hierdie jaar was die geleentheid met die winter as tema gevier en was dit voorwaar ‘n feestelike en geestelike geleentheid.
Al die kinders vanaf die Oranjeklas vir die 3-jariges tot die Graad R-klassies het ‘n paar liedjies voorgedra waarna almal teenwoordig keurige warm sop en broodjies geniet het en heerlik saam gekuier het.
Daar is ook skattige geskenkies aan die grootouers oorhandig en het die ouma en oupa wat die beste volgens die tema aangetrek het, ‘n ekstra bederfie ontvang.
Die skool sê hartlike dank aan al die grootouers en eregaste wat hierdie oggend meegemaak het.
“Weppie Preppie waardeer julle en bid julle die Here se rykste seën toe!” sê skoolhoof Karin van Wyk. “Baie dankie aan al die ouers en onderwysers wat die oggend georganiseer het, dit was heerlik!”
Die skool sê hartlike dank aan al die grootouers en eregaste wat hierdie oggend meegemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'