GRAAFF-REINET NUUS — Tydens 'n spesiale diens by die plaaslike anglikaanse kerk op Sondag, 12 November, het daar 'n gewyde seremonie plaasgevind waartydens daar hulde gebring is aan diegene wat wat hul lewens gegee het tydens die eerste en tweede wêreldoorlog.
Onder die ongeveer 50 individue wat dit bygewoon het, was die hoofseun en -dogter van Hoër Volkskool.
Tydens dié diens was daar 'n pragstukkie gelewer oor die geskiedenis van beide oorloë tesame met skriflesing en gebed.
Almal het saam gebid vir die slagoffers en die opoffering wat elkeen gemaak het.
Kranse is toe neergelê waarna die name van die individue wat hul lewens tydens oorloë verloor het, gelees is.
Daar was ook een spesifieke individu uitgesonder wat in die tweede wêreldoorlog geveg het -hy is tans 99-jaar-oud en woon op Middelburg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'