GRAAFF-REINET NUUS — Die aand se tema is, ‘n Wêreldtoer met afval en gastronomie’.
Alle belangstellendes word genooi om die aand by te woon en aan te sit vir ‘n bord afval en samesyn met vriende.
Die Graaff-Reinet Afvalgilde handel oor afval, omgee, samehorigheid en respek vir mekaar.
Die lede weet dat afval soveel meer is as die alledaagse pot kop, pens en pootjies.
Tydens die aand sal ‘n heerlike 10-gang ete aan diegene met ‘n voorliefde vir dié dis, sowel as diegene wat nog nie geleer het om afval te eet nie, voorgesit word.
Kaartjies, waarvan slegs 40 beskikbaar is, verkoop teen R200 per persoon.
‘n Kontantkroeg en wyn sal op die perseel beskikbaar wees.
Die geleentheid sal op Vrydag, 24 November, om 18:30 vri 19:00 plaasvind in Die Volksie van Hoër Volkskool. Kaartjies kan by Boertjie ()82 575 1790) of Boya (082 371 4944) aangeskaf word.
Kaartjies is ook beskikbaar by Kamdeboo Supermeat in Kerkstraat.
Die plaaslike tehuis vir bejaardes, Huis van de Graaff, is ‘n begunstigde wat sal baat uit die fondse geïn tydens die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'