MIDDELBURG NUUS — Middelland Senior Sekondêre Skool se matrieks het verlede Donderdagaand, 28 September, 'n aand onder die sterre deurgebring met hul lang verwagte afskeidsgeselligheid.
Maande se beplanning en etlike dae se harde werk het alles bygedrae tot die verwesenlikheid van 'n sprokiesaand vir dié jaar se Graad 12's.
Die aand se tema was 'A night under the stars'.
Die saal is deur leerkrag Rowna Plaatjies versier.
Nie net het die saal baie deftig gelyk nie, maar was die kos - ook voorberei duer Plaatjies - geurig en smaaklik.
Polisie kaptein Leon van Heerden, 'n oud-leerder van MSSS, was hierdie jaar die gasspreker en het hy die leerders met sy toespraak gemotiveer vir die toekoms.
MSSS as skool wil hom ook weer eens bedank vir sy bereidwilligheid om hierdie geleentheid by te woon om dit sodoende ietwat meer spesiaal te maak.
MSSS wens elke Graad 12-leerder sterkte toe met die laaste bult in hul skoolloopbaan. Soos die skool se leuse lui: "Victory belongs to those who believe in it the most".
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'