GRAAFF-REINET — Die Ilse Burger Musiekskool in Graaff-Reinet het dié jaar - vir die eerste keer - deelgeneem aan die vyfde jaarlikse Karoo Eisteddfod in De Aar.
Die skool se leerders het twee drama items ingeskryf en 20 sangitems.
GRAAFF-REIENT NUUS - Al die deelnemers - wat deur Ilse Burger in sang en drama afgerig en begelei word - het pragtig presteer tydens die lewering van hul items.
• Jenelle Theron het goud verwerf vir haar heel eerste sang-inskrywing.
• Annika Fitzgerald het silwer ontvang - ook vir haar eerste probeerslag.
• Melissa Fillis en Tameryn-Lee Cross het vir hul sangduet, 'n dubbelgoud verwerf.
• Tameryn-Lee Cross het ook 'n silwer losgesing met haar solo-lied.
• Melissa Fillis het goud verwerf vir 'n onbegeleide lied en ook 'n hoë dubbelgoud verwerf vir haar solo-lied, 'Hero' van Mariah Carey.
Die beoordelaar het haar met pragtige positiewe kritiek aangemoedig.
• Arno Nell het sewe inskrywings gehad. Hy het uitstekend presteer. Vir sy gedig het hy 'n dubbelgoud verwerf, vir gedramatiseerde poësie ook 'n dubbelgoud, vir 'n onbegeleide lied goud, vir die solo-lied 'Consider yourself' goud, vir die solo-lied 'A spoonful of sugar' goud, vir die solo-lied 'Supercalifraglistic' dubbelgoud en vir die solo-lied 'Pie Jesu' 'n trippelgoud.
• Taylin Miller het twee liedere gesing - sy het dubbelgoud vir beide 'Matchmaker' en 'I had a dream' gekry.
• Judy van Heerden het verlede jaar by Burger begin met sang. Sy het reeds verlede jaar in Graad 11 by haar skool, Hoër Volkskool, die musiekbeker verwerf vir die beste vordering in Musiek.
Vanjaar was haar eerste sang-inskrywing by die Eisteddfod ooit. Sy het uitstekend presteer. Sy het dubbelgoud verower vir die solo-liedere 'Lord its raining' en 'Stille Water' en goud vir 'Sabbath Prayer' en 'Loverly'.
Melissa Fillis, Tameryn-Lee Cross, Annika Fitzgerald, Ilse Burger en (agter) Judy van Heerden.
'Ons bring jou die nuutst Graaff-Reinet, Karoo nuus'