KAROO NUUS - Die 27ste Murraysburg-jagkompetisie het op 12 Mei plaasgevind en dertig spanne het vanuit alle hoeke van die land saamgekom om hieraan deel te neem.
Hierdie geleentheid bied 'n groot finansiële hupstoot aan die landbougenootskap en volgens Jacques Theron, lid van die skoukomitee, is dit wat die gemeenskap se hart laat aanhou klop.
Die konsep van die jagkompetisie is uniek en word die program spesiaal vir dié kompetisie geskryf. Die deelnemers neem in spanne van vier deel, elke persoon moet twee bokke in vier ure skiet. Punte word aan elke span toegeken en vertel Theron dat dit 'n meer gedissiplineerde vorm van jag as die gewone 'biltong-jag' is - vir elke fout word punte afgetrek. Punte vir skootplasing, gewig van die bok en lengte van die horings word deur die beoordelaars toegeken.
Die prysuitdeling het die aand plaasgevind en is daar ook ‘n veiling ten bate van Huis Spitskop tehuis vir bejaardes gehou.
Vanjaar se wenners:
- Die swaarste bok is vanjaar deur Cheryl Coetzee geskiet, met ‘n gewig van 36,5 kg op die plaas Middelkop.
- Die bok met die langste horings is deur Johannes Steyn geskiet, met ‘n lengte van sowat 38 cm ook op die plaas Middelkop.
- Die beste skud hierdie jaar was Hendri Venter wat ‘n prys gewen het ter waarde van R14 000, geborg deur Humansdorp-koöperasie.
- Ons wenspan vanjaar is Hunters for Hire - Petrus Els, Johan Petzer, Hennie du Plessis, Wimpie Rautenbach. Hulle wen ‘n prys ter waarde van R37 000, geborg deur Humansdorp-koöperasie
Die organisasie wil die hoofborg, Humansdorp-koöperasie, Karoo taxidermy, Capstone seeds, Rudolph Optics, Farmwise Grains en verskeie jagters bedank vir hulle pryse en bydraes wat hierdie kompetisie 'n gesogte geleentheid maak.
Die kompetisie word jaarliks op 'n ander plaas in die omgewing aangebied, en kry jagters die kans om 'n ander plaasnaam te trek, en op so 'n manier die Karoo-veld in die distrik te beleef.
Besoek Jan-Hendrik Swiegers se Facebook-blad om nog foto's te sien.
Die prysuitdeling het gesorg vir 'n stamvol saal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’