GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit is bewus daarvan dat sekere gedeeltes van Umasizakhe tans sonder elektrisiteit en water sit.
Wat die wateronderbreking behels: die munisipaliteit se Waterwerke-afdeling het dwarsdeur die nag aan die probleem gewerk en kon die probleem tydelik oplos. Hulle werk egter vandag, 30 Oktober, weer aan die oorsaak van die probleem om te verseker dat dit reg opgelos word.
Die munisipaliteit se elektrisiteitsdepartement vermoed dat ‘n ondergrondse kabel die kragonderbreking in Umasizakhe veroorsaak.
Eskom is in kennis gestel en die munisipaliteit is ontplooi om te help met die probleem.
Die tegnici sal dwarsdeur die dag werk om te verseker dat die ektrisiteitsvoorsiening so gou as moontlik herstel is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'