GRAAFF-REINET NUUS - 'n Klompie jongmanne in Graaff-Reinet wil graag met hul wiele pronk en het besluit om op Saterdag 1 Mei 'n motorskou op die dorp aan te bied.
Enigeen is welkom om met hul motors te kom spog en dalk nog met 'n prys of twee weg te ry.
Die geld wat met die motorskou ingesamel word, sal aan 'n minderbevooregte skool gaan wat hulle kan aanwend om skoolskoene en -truie mee aan te koop.
Die naam van die gelukkig ontvangerskool sal Saterdag tydens die prysuitdeling bekend gemaak word.
Die verrrigting skop om 11:30 af met 'n bekendstelling (meet and greet) by die nuwe taxistaanplek op die dorp. Daarna sal die konvooi beweeg na Mosie-straatparkering (Q-BABS) en die skou sal teen 13:30 begin.
Die kategorieë waarin pryse gewen kan word, is: Rev-off; Low limbo; Best fitment; Best of Show en Boerewors.
Die inskrywingsgeld per motor is R20.
Vir enige navrae bel Brandon by 063 582 4715.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'