GRAAFF-REINET NUUS - Plaaslike motorfietsryers het verlede week bejaardes van die ACVV Huis van de Graaff in Graaff-Reinet bederf.
Die motorfietsryers het op hul ysterperde opgedaag met geskenkpakkies vir die inwoners van die tehuis.
Die inisiatief is deur die Reapers Motorfietsklub gereël.
Die bestuur en inwoners van dié tehuis spreek graag hul dank uit teenoor die motorfietsryers en wens hul sterkte toe met hul goeie werk wat hul in die gemeenskap doen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'