GRAAFF-REINET NUUS - Die monument is in 1943 opgerig ter herinnering aan die Voortrekkerleier, Andries Pretorius. Dit is 2km buite Graaff-Reinet op die Middelburg-pad.
Coert Steynberg het osse in die ontwerp geïnkorporeer as 'n huldeblyk aan die dier wat gehelp het om die trekkers na hul bestemming te bring. Op die monument staan geskryf: "Eenmaal sal daar wel 'n wiel oor ons wêreld rol wat vir u en vir my onkeerbaar is."
Pretorius het dit aan Harry Smith tydens 'n gesprek in 1848 gesê.
Gideon Scheepers
Gideon Scheepers is in 1902 in Graaff-Reinet deur 'n vuurpeloton tereggestel. Die gedenksteen is op die N9 op pad na Murraysburg opgerig, so na as moontlik aan die plek waar hy tereggestel is. Die monument bestaan uit drie rotse wat 'n vlekvrye staal naald ondersteun. Dit simboliseer die gees van hoop en geloof in God. The groot rots, wat die basis vorm, verteenwoordig the standvastigheid van die Afrikaner-nasie. Die twee gekantelde rotse wat deur die basisrots ondersteun word simboliseer die Afrikaner volk wat onderdruk was. Die vierde rots het die bewoording op.
Die Anglo-boereoorlog monument
Die monument is opgerig om agt mans wat tydens die Boere-oorlog gesterf het te herdenk.
Kommandant Scheepers en sewe ander mans is ter dood veroordeel. Scheepers is in 'n droë rivierbed buite Graaff-Reinet tereggestel terwyl die ander gevonnis is om in hul eie distrikte tereggestel te word.
Na die oorlog het Jurie Laubscher, 'n inwoner van Graaff-Reinet, 'n stuk van sy erf, op die hoek van Donkin- en Somersetstraat, gegee sodat die monument daar opgerig kan word. Die beeld is in 1908 onthul.
Die Oorlogsmonument
Na die Eerste Wêreldoorlog het die burgemeester, Herbert Urquhart, besluit om 'n monument op te rig om die mans wat tydens die oorlog gesterf het te herdenk. Die brons standbeeld van die’ Victory Peace Angel’ is op 7 November 1923 deur HRH Prins Arthur van Connaught onthul.
Hoewel dit ter herdenking van die wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het opgerig is, is die name van die wat in die Tweede Wêreldoorlog gesterf het op plaatjies langs die monument opgesit.
Die Anglo-Boereoorlog monument
Kmdt. Gideon Scheepers-monument
Andries Pretorius-monument
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'