GRAAFF-REINET NUUS - Montego Cares het in Desember geskenkpakkies ter waarde van R500 elk aan die 52 lede van die Graaff-Reinet Ambulansdiens geskenk vir hulle onbaatsugtige diens en harde werk deur die jaar.
Die ambulansafdeling in Graaff-Reinet bestaan uit 11 vroue en 41 mans wat beheerkamerpersoneel, reddingswerkers en ambulansbestuurders insluit.
Weens die aard van hulle werk is die ambulanseenheid se personeel self hard deur Covid-19 geslaan.
"Dit is maklik om te vergeet dat hierdie mense daagliks traumagevalle soos selfmoord, geweld en Covid-19 moet hanteer. Hulle word veral nou met baie sterftes gekonfronteer. Ons wou met die geskenkpakkies wys dat hulle waardeer word," sê Karlien de Wet van Montego.
'n Lekker ietsie vir die Kerskous.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'