GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit het vandag ‘n kennisgewing aan inwoners uitgereik wat meld dat die pompe wat water vanuit die Nqwebadam na die woonbuurte van Graaff-Reinet voorsien, afgesit gaan word.
Die Nqwebadam se watervlak het op Dinsdag, 5 Februarie, ‘n skrale 1.6% gemeet.
“Die water vanaf die Nqweba-dam na woonbuurte gaan toegedraai word,”
het die verklaring gelui, “Dit sal bydra tot 'n beter watergehalte, maar sal 'n geringe afname in die hoeveelheid water veroorsaak.”
Volgens die munisipaliteit sal waterwaens beskikbaar wees om met die voorsiening van water aan die gemeenskap te help.
Om meer hieromtrent uit te vind, skakel die munisipaliteit se oproepsentrum by 049 807 5800/1/2/3.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'