Gallery
MIDDELBURG NUUS – Hoërskool Middelburg se jaarlikse Mnr en Mej MHS geleentheid vind een van die dae plaas.
Die aand is 'n glansgeleentheid wat baie belangstelling onder ouers en leerders en die algemene publiek uitlok. Dit dien ook as fondsinsameling.
Graad 10-, 11- en 12-leerders nomineer finaliste en die Graad 11- en 12-leerders stem vir tien seuns en tien meisies.
Die finaliste word dan genooi vir ‘n kort onderhoud met die paneel beoordelaars wat ‘n punt aan elke deelnemer toeken.
Tydens die funksie wat ongeveer twee weke later plaasvind, verskyn die finaliste op die loopplank.
Hulle word beoordeel in drie afdelings: informele drag, kreatiewe drag en formele drag. Punte word weer toegeken.
Die finaliste moet ook ‘n vraag beantwoord, wat dan die finale punt vir elke deelnemer bepaal.
Daar word ses wenners gekies: Mnr en Mej Hoërskool, Eerste prins en prinses en tweede prins en prinses.
2018 se Mnr en Mej MHS vind die jaar op Donderdag, 15 Maart, om 18:0 in die hoërskoolsaal plaas. Kaartjies, teen R80 elk, kan by die skoolkantoor gekoop word.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'