GRAAFF-REINET NUUS - Op 26 Oktober het Resolute Robotics, ‘n mini-STEAM-dag by Laer Volkskool aangebied.
Twee van Laer Volkskool se spanne het aan die kursus deelgeneem en het geleer hoe om ‘n robot te programmeer.
Daarna is daar ‘n kompetisie gehou om te sien wie se robot die vinnigste om die baan kan ry.
Met die stophorlosie gereed is elke robot se spoed bepaal.
Helgard van Wyk, Johan Viljoen en Arno Slabbert het ’n derde plek met ‘n tyd van 14.03 sekondes behaal en Daniel Nel, Amand Nell en Hestri Pearson ’n eerste plek met ‘n tyd van 13.04 sekondes.
Daniel Nel, Amand Nell en Hestri Pearson behaal eerste plek in die programmering van ’n robot.
Helgard van Wyk, Johan Viljoen en Arno Slabbert wen derde plek in die programmering van ’n robot.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'