MIDDELBURG NUUS - Voor-verlede Saterdag – in die middel van Oktobermaand – het inwoners van Middelburg besluit om saam te staan en geld in te samel vir die bewusmaking van kanker.
Inwoners was genooi om op Saterdag, 21 Oktober, saam te stap.
Die beginpunt was by Ons Handelshuis Spar en is daar tydens en ná die 5km stappery gesellig gekuier.
Daar was stappers wat aangetrek was soos pienk fietjies terwyl motorfietse getooi was in pienk lint en was daar selfs ‘n skel-pienk (blou) bul spesiaal opgedollie vir die uitstappie deur die dorp.
Die geld wat tydens die insameling gegenereer is, is Maandag, 23 Oktober, deur Calla Perry van Ons Handelshuis Spar, aan verteenwoordigers van die plaaslike hospies oorhandig.
‘n Spesiale woord van dank word aan Saul Miles betuig wat die stap georganiseer het en Middelburgers aangevuur het om hieraan deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'