CRADOCK NUUS - Mev. Heelal RSA Uyleta Nel, het die afgelope week in Cradock besoek afgelê en ook by talle plekke wat 'n belangrike rol in haar lewe gespeel het, 'n draai gemaak.
Een van haar besoeke was aan 'n jong meisie wat aan geslagsgebaseerdegeweld blootgestel was.
Sy is betrokke by 'n organisasie wat geslagsgebaseerde geweld veroordeel en ondersteuning bied aan persone wat daardeur geraak word.
Sy was ook na Michausdal Senior Sekondêr waar sy met ope arms ontvang is sowel as haar alma mater, Hoërskool Cradock.
Sy het almal bedank wat haar gehelp het om die besoek aan haar tuisdorp moontlik te maak.
"Baie dankie aan ons goeie vriende, Anton en Masha Douw, asook ons eie gemeenskapsleier, Petrus Plaatjies, wat met die reëlings betrokke was. Raadslid Mbotya en raadslid Davids asook alle wykskomiteelede van Michausdal vir hul sigbaarheid en betrokkenheid. Ons is ook dankbaar teenoor die gemeenskap van Michausdal, die gemeenskap van Lingelihle, Hillside-woonbuurt en die Cradock-gemeenskap. Dit was vir my 'n groot voorreg om my drome en my visie met my eie mense te kom deel," het Nel gesê.
Uyleta Nel
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'