KAROO NUUS - Weens gure weer in Vredendal is die wedvlugduiwe van die Merino-posduifklub weereens vanaf Nieuwoudtville op Saterdagoggend, 9 September, losgelaat in winderige toestande.
Die wenduiwe in beide die ope-afdeling en jaaroud-afdeling het die vorige week se tye met bykans 'n uur verbeter.
Die volledige uitslae is as volg:
Ope-afdeling
- Afrikaner-hokke - 1, 6 en 9
- Lategan-hokke A - 2, 3 en 7
- D Hampton - 4
- Lategan-hokke B - 5 en 10
- Lategan-hokke C - 8
Jaaroud-afdeling
- Lategan-hokke A - 1, 4 en 7
- G en J Heunis-hokke A - 2
- G en J Heunis-hokke B - 3 en 10
- Lategan-hokke C - 5 en 6
- Lategan-hokke B - 8 en 9
Die Merino-posduifklub se volgende wedvlug vind op Saterdagoggend, 16 September, vanaf Garies plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’