Update
GRAAFF-REINET NUUS - Die man wat van die moord op Karin Marais (57) tereggestaan het, is vandag, 11 Julie, effektief 24 jaar gevangenisstraf opgelê.
Wayne Meintjies (28), het vandag in die Graaff-Reinet-streekhof verskyn en is deur landdros Drian Bakkes op sewe aanklagte gevonnis. Hy is op al die aanklagte skuldig bevind.
Vonnisoplegging is as volg:
Klag 1 - betreding van eiendom – drie maande
Klag 2 – huisbraak met die doel om te steel – drie jaar
Klag 3 – diefstal – drie jaar
Klag 4 – moord – twintig jaar
Klag 5 – diefstal – drie jaar
Klag 6 – huisbraak met die doel om te steel – drie jaar
Klag sewe – huisbraak met die doel om te steel – drie jaar.
Die hof het gelas dat die vonnisse wat op aanklag 1, 2, 3, 5 en 7 opgelê is, gelyktydig moet loop met die vonnis wat in klag 4 opgelê is.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’