Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Verlede Vrydagoggend, 4 Januarie, het groot juigkrete by Hoër Volkskool in Graaff-Reinet opgegaan toe matrieks formeel oor hul uitslae ingelig is.
Die lang wag was verby en die harde werk agter boeke is beloon met goeie uitslae.
Van die leerlinge en hul ouers het al kort na 08:00 by die skool opgedaag. In sommige gevalle het ouers meer senuweeagtig gelyk as die leerlinge.
Hoër Volkskool se 2018-slaagsyfer is 94,2% met 69% van die leerlinge wat kwalifiseer vir toelating tot Baccalaureus-graad.
Die skool se top 5-matrikulante is:
Engeri Fourie met ses A's en 'n gemiddeld van 85,9%; Stephan Lategan met vyf A's en 'n gemiddeld van 81,7%; Lara du Plessis met ses A's en 'n gemiddeld van 81,4%; Justin Gafoor met vyf A's en Annelou van der Mescht ook met vyf A-gemiddeldes.
Theo Dörfling, die waarnemende skoolhoof, het gesê dat die skool baie trots is op al hul 2018 matrikulante. Volgens hom kan die sukses toegeskryf word aan harde werk van toegewyde leerders en ervare onderwysers. Daar is altesaam 50 vak A-gemiddelde!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'