KAROO NUUS - Op 11 November het die Merino-posduifklub hul jaarlikse prysuitdeling by die Botaniese klub in Graaff-Reinet gehou. Dit was natuurlik 'n blink-aand vir die Maré-gesin.
Karoo-hokke, Petrie Maré, is gekroon as klubkampioen en het die volgende afdelings gewen: ope-afdeling, jaaroud afdeling en superliga afdeling.
- Petrie Maré het ook die algehele beste duif gehad, plus die beste duif in die ope-, jaaroud- en superliga-afdelings. Lategan-hokke het tweede geëindig.
- Ian Maré is die junior kampioen en spog met die beste junior duif.
- Carla Maré het tweede in die junior kampioenskap geëindig en het die tweede beste junior duif gehad.
Voorwaar 'n puik seisoen vir die Maré-gesin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’