MURRAYSBURG NUUS - Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n wrede aanval op Murraysburg-plaaswerker, Anthony Koopman, in Maart vanjaar geloods het sal 19 Oktober in die Murraysburghof verskyn.
Die twee beskuldigdes is Karel en sy seun Ludwig van Heerden, van die Bloupoort area.
“Ek het net met my fiets plaas toe gery om te gaan werk vra, toe die twee mans na my toe kom en my beskuldig dat ek skape steel,” sê Koopman, “Hulle het my nie geglo nie, en my begin slaan.”
Koopman is in sy gesig geslaan, en sy voorkop is met ‘n pistool verpulp. Sy skedel is ook tydens die aanval gekraak. Voorts is hy ook sielkundig gemartel deurdat daar verskeie kere ‘n pistool met leë magasyn, teen sy nek gedruk is, en die sneller getrek is.
Koopman is na die aanval per ambulans vervoer na George, waar hy tot onlangs gehospitaliseer was. “Ek kry nou aanvalle en kan nie meer werk nie, en ek moet kos soek by die ashope,” deel hy mee.
’n Saak van poging tot moord teen die beskuldigdes is aanhangig gemaak, maar ten tyde van die eerste hofverskyning in Murraysburg, op Vrydag 11 September, is Koopman meegedeel dat die klag verander is na ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, en dat die volgende hofverskyning Maandag 14 September sou wees. Koopman was nie tevrede met hierdie besluit nie, en die aangeleentheid is nou verwys na die Nasionale Vervolginsgesag vir hersiening. Koopman ontvang nou regshulp van die Support Centre for Land Change (SCLC), ’n niewinsgewende organisasie wat spesialiseer in die Wes- en Ooskaap.
Neville van Rooy, ’n inwoner van Murraysburg, en voorheen verbonde aan SCLC, het op 17 September ’n vreedsame optog gereël ter ondersteuning van Koopman, voor die Murraysburghof.
Tydens die volgende hofverskyning sal die dokter wie Koopman behandel het, ook getuig. Die saak is ook nou verwys na Menseregtekommissie vir ingryping.
Verteenwoordigers van die SCLC was nie beskikbaar vir inligting nie.
In short
Two men accused of a brutal attack on a Murraysburg farm worker, Anthony Koopman, in March are to appear in court on 19 October.
The accused are Karel and his son Ludwig van Heerden, of the Bloupoort area. Koopman was cycling, looking for work, when the men accused him of stealing sheep. “They didn’t believe me and started hitting me,” Koopman said.
The men hit him with a pistol and also held a pistol with an empty magazine against his neck and pulled the trigger.
Koopman, who’s scull was cracked during the incident, was later transported via ambulance to a hospital in George. A case of attempted murder was made against the accused, but during the first court appearance on 11 September the charge was changed to assault with intent to cause grievous bodily harm.
Koopman is unhappy with this decision and the matter has been referred to the National Prosecuting Authority for review. Koopman is receiving legal aid from NPO Support Centre for Land Change.
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Karoo nuus'