KAROO NUUS - Bettie Lawens, DA-raadslid vir Michausdal in Cradock, het op Mandeladag haar span bymekaargekry en sop in Hillside bedien.
Daarna het die groep na die huis van tannie Slaaf Winnaar beweeg, waar daar op groot skaal aan die werk gespring is.
Haar heinings is herstel, hekke is reggemaak, bome gesnoei en haar hele huis is binne en buite geverf.
"Ons wou haar bederf, maar toe ons ons oë uitvee het sy 'n graaf in die hand en skoffel saam," sê Lawens.
Die gemeenskap is bederf met 'n lekker koppie sop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’