TUINROETE | KAROO NUUS - George-kunstenaar Marita Bezuidenhout, wat onder die naam Sophia Seegers skilder, het vyf baie besonderse skilderye wat vir vier jaar op stoor gestaan het, onlangs uitgehaal om met George Herald te deel.
Met dié sonderlinge skilderye, onder die kollektiewe naam The Big Five of Africa, het sy die verskillende fases van Nelson Mandela se werk en lewe op doek vasgevang.
Sy het in 2010 daarmee begin met die gedagte om een skildery te doen. Die proses het egter 'n lewe van sy eie aangeneem en die uiteinde was vyf treffende skilderye van 1,2 m x 1,4 m.
Sy gebruik die simboliek van die leeu, buffel, renoster, luiperd en olifant om Mandela se karakter en lewe weer te gee.
Lees meer in susterspublikasie, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'