GRAAFF-REINET NUUS - Eugene Mackelina, van die Merino Posduif Klub, het laasnaweek twee wedvlugte (die Jaaroud en Ope) gewen vanaf Nelspoort.
Mackelina het ook die derde plek in elke wedvlug behaal. JR Marais het die klub ook goed verteenwoordig.
Die verkorte uitslae is as volg:
Nelspoort 2 ope : Eugene Mackelina : 1,3,5,6,8. JR Marais : 2. George du Plessis : 4,13. David Hampton : 7,9,15. Oswald van Gent : 10,11,12,14.
Nelspoort 2 jaaroud : Eugene Mackelina: 1,3. JR Marais : 2,4,6. David Hampton : 5,7,8,9,13,14,15. George du Plessis : 10,11,12.
Borge wedvlug : Mesch Steel and Weld was hier die wenners.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'