GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se personeel het aan die begin van die nuwe skooljaar met vyf vermeerder.
Die onderwysers is met ope arms by die skool verwelkom.
Die hoof en personeel glo en vertrou dat hulle sommer baie gou tuis sal voel en dat hulle ‘n lang en gelukkige loopbaan by die skool sal hê.
Ruben van Zyl (Graad 7), Anine Hayward (Graad 5), Elisma le Roux (Graad 1), Jean-Maré Kock (sportorganiseerder) en Janine van Schalkwyk (remedierende onderwyseres) is baie opgewonde om hul loopbaan by dié skool voort te sit en is gereed vir die nuwe uitdagings en verantwoordelikhede wat op hulle wag.
Janine van Schalkwyk.
Anine Hayward.
Elisma le Roux.
Jean-Maré Kock.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'