Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Vir die nuwe Graad 1’s van Laer Volkskool het hul eerste paar dae van die 2019-skooljaar seepglad verloop.
Verlede Donderdagmiddag, 10 Januarie, het die skool se prefekte, soos oudergewoonte, die skool se nuwelinge met ‘n middag se pret aktiwiteite trakteer.
Dié geleentheid – bekend as die Graad 1-piekniek - word jaarliks gehou sodat die kleintjies mekaar, sowel as die skool se prefekte, beter kan leer ken.
Na afloop van die dag se skool, het al die Graad 1’s op die skool se rugbyveld bymekaar gekom, waar daar toe talle speletjies en water kaskenades gehou is.
Die Graad 1’s het vol geesdrif en ywer deelgeneem aan die middag se aktiwiteite en is hul elkeen beloon met ‘n koeldrank en ‘n paar lekkernye na afloop van die middag se verrigtinge.
Die Graad 1’s het vol geesdrif en ywer deelgeneem aan die middag se aktiwiteite.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'