GRAAFF-REINET NUUS - Johndré Ludick, 'n gr. 11-leerder van Hoër Volkskool, is gekies vir die nasionale span wat aan die Reply Italian-gholfkampioenskappe in Italië gaan deelneem.
Die span bestaan uit vier lede wat Suid-Afrika in die kompetisie, wat al vir 16 jaar aangebied word, gaan verteenwoordig.
Daar is altesaam 20 lande wat aan hierdie kompetisie van 29 tot 31 Augustus gaan deelneem. Hier sal Ludick en sy spanmaats die geleentheid kry om hulself teen top internasionale spelers te meet en ondervinding van onskatbare waarde opdoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’