GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Alecia Louw, 'n gr. 8-leerling aan Hoër Volkskool, is aan die o.14 interprovinsiale hokkietoernooi in die Paarl deelgeneem.
Sy was deel van die o.14 A OP-hokkiespan.
Die uitslae was as volg (OP se telling eerste):
- OP wen teen Boland 3 - 1
- OP wen teen Grens 3 - 0
- Op speel gelykop teen WP 3 - 3
- OP wen Vrystaat 8 - 0
- OP verloor teen Boland 2 - 5
Die span het onoorwonne gevorder tot by die eindstryd en kom weer teen Boland te staan. Die OP-span het hul beste gegee, maar kon ongelukkig nie daarin slaag om te wen nie, en eindig algeheel tweede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’