GRAAFF-REINET NUUS – Vandag, 1 September, word Loslitdag gevier.
Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede.
Hierdie jaar baat Graaff-Reinet se eie Beskermde Werkplek deur die fondse wat met die projek ingesamel is.
Stuur Loslitdag-foto's van jou personeel na mariette@groupeditors.co.za of WhatsApp hulle aan 061 310 8343 vir publikasie in die koerant.
Foto's moet asseblief in jpeg-formaat wees en nie meer as twee foto's per e-pos nie. Noemname en vanne van links na regs 'n vereiste en die naam van die besigheid of instelling.
Entoesiasties op Loslitdag! Van Wyk Theron se personeel wys hul steun aan die Loslitdag-inisiatief.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'