GRAAFF-REINET NUUS - Na die Sonstraal-kleuterskool in Santaville, Graaff-Reinet, op 23 Januarie deur 'n brand in puin gelê is, het die gemeenskap ingespring en gehelp met donasies, boumateriaal en kos.
Troeteldier-kosvervaardiger, Montego, het R27 000 se boumateriaal geskenk vir die herbou van die skool, en die skoolhoof, Vivian Kemp, is in gesprek met die Rupert-stigting wat dalk ook sal help.
Tot tyd en wyl het Sonstraal in die Pinkster Protestante Kerk in Langstraat ingetrek.
Rdl. Joy Williams en Francois de Villiers (DA kiesdadeling-verkiesingskoördineerder) het verlede week 'n besoek by Sonstraal se tydelike tuiste afgelê.
Die skool is nog nie voltallig nie en die besoekers het die personeel moed ingepraat en die kleintjies is met skyfies bederf.
'Ons bring jou die nuuste George, Tuinroete nuus'