GRAAFF-REINET NUUS - Elzie Combrinck (85) brei al vyf jaar geskenkies vir die siek kindertjies in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.
Combrinck is baie lief vir kinders, naaldwerk en om te hekel en is dankbaar vir haar vriende en familie wat haar materiaal en wol borg.
Mense soos die De Klerk-familie van Witbank, Linda Groenewald van Kriel, Trisha Wood van Durban en Adri Pienaar, Brian en Ronél van Graaff-Reinet skenk gereeld wol, materiaal en afvallappies asook items soos seep.
Combrinck maak en verskaf jaarliks mussies, poppe en waslappe met 'n sepie vir ongeveer 500 kinders in die kinderhospitaal.
Elzie Combrink maak prettige poppies vir die Rooikruis-kinderhospitaal.
Hierdie wolmussies hou menige kindjie se koppie warm.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'