KAROO NUUS - Op Saterdag 22 Julie het 'n bussie met skuts na Uitenhage vertrek om daar aan twee kompetisies, Kwagga-ope en Daniël Pienaar-ope, deel te neem. Dit was die laaste twee kompetisies vir die jaar waaraan hulle kon deelneem om te kwalifiseer vir die Oos-Kaapse kampioenskappe op 12 Augustus.
Tydens Saterdag se kompetisies het Lehan de Beer in die afdeling vir hoërskoolseuns 'n silwermedalje in die Kwagga-ope en 'n bronsmedalje in Daniël Pienaar-ope behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’