Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die vakansie het op ‘n avontuurlustige noot vir lede van Laer Volkskool se Landsdiensklub begin.
Vanaf 25 tot 29 Junie het ‘n uitgesoekte groepie landsdieners van dié skool die geleentheid gehad om kragte te meet en skouers te skuur met van die beste landsdieners in die provinsie.
Die ses Laer Volkskool-leerders wat dié provinsiale landsdienskamp in Kareedouw bygewoon het, het hul skool se naam hoog gehou tydens hul deelname aan vele uitputtende, dog pretgevulde aktiwiteite.
[Die landsdiensbeweging is ‘n omgewingsgerigte jeugorganisasie wat die jeug tot verantwoordelike landsburgers lei deur by hulle ‘n liefde vir die Skepper, liefde vir die medemens, liefde vir die omgewing en liefde vir arbeid te kweek.]
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'