GRAAFF-REINET NUUS — Die pas afgelope Maandagoggend, 11 Junie, het Laer Volkskool die wen lootjies in hul onlangse 'Vlieg Hoog'-kompetisie getrek.
Die kompetisie was 'n reuse sukses en is daar meer as R71 000 met dié projek ingevorder. Die kompetisie se pryse, verskeie lugballon- en helikoptervlugte, is geborg deur Karoo Ballooning en Fly Karoo.
Divan de Lange en Stephan Marais (Graad 1), Marizel Marais en LC Lategan (Graad 2), Jayde Minnies en Anzel Kleynhans (Graad 3), Zenobia Homveld en JD de Lange (Graad 4), Dominique Botha en John Read (Graad 5), Bianca Fitzgerald, Juan Stannard, SP Theron en Freddie van der Mescht (Graad 6) en Danah Nel en Andrew Schoeman (Graad 7) het die meeste lootjies in elke graad verkoop en wen elkeen 'n lugballonvlug op Maandag, 18 Junie.
Die Graad 2.1-klas van leerkrag Karen Basson het die tweede meeste geld ingesamel en die Graad 4.1-klas van leerkrag Mari Swiegers het die meeste geld ten bate van die projek ingesamel.
Die skool bedank graag al die leerders, ouers en leerkragte vir hul moeite en ondersteuning met die projek en hoop almal geniet hul pryse.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'