GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het verlede Vrydag hande gevat en 'n poging aangewend om hul ondersteuning vir die Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie te bied.
Die leerlinge kon Vrydag hul selfone saam neem skool toe en stem. Elke foon kan tot 'n maksimum van 30 keer stem.
'n Totaal van 65 leerlinge het elkeen 30 stemme ingestuur. Die skool het altesaam 2 646 keer gestem.
Die wendorp word op 31 Julie op Kwêla aangekondig. Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot KIA dorp van die jaar makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees!
'n Totaal van 65 leerlinge het elkeen 30 stemme ingestuur. Die skool het altesaam 2 646 keer gestem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'