GRAAFF-REINET NUUS — Die leerders van Graaff-Reinet Primêr het saam met die lede van die SoulBuddyz-klub op Vrydag, 20 April, 'n opruimaksie geloods om rommel op te tel.
Die doel van die opruimaksie was om die leerlinge van die skool en die inwoners van die dorp bewus te maak van die al groter wordende rommelprobleem en dat dit elkeen se verantwoordelikheid is om iets daaromtrent te doen.
Die skool se perseel sowel as die strate en omgewing rondom die laerskool is tydens dié aksie opgeruim.
Tientalle swartsakke (wat deur die leerders saam skool toe gebring is) vol rommel is tydens die oggend deur die Graad R- tot 7-leerders opgetel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'