GRAAFF-REINET NUUS - Ongeveer 300 Graaff-Reinet-skoliere het laasweek Donderdag 'n beroepsaand by Spandau Sekondêr bygewoon.
Dié aand, waarby 30 plaaslike beroepslui betrokke was, is gereël deur die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV), sowel as Volkskool, Spandau en Asherville se ATKV-jeugtakke.
Daar was, onder andere, ’n onderwyser, prokureur, entrepreneur, beroepsjagter, bemarker en maatskaplike werker.
"Graad 11-leerders kon drie verskillende beroepsrigtings kies en meer gaan leer oor wat daardie beroepe behels," het Henry Thomson, een van die organiseerder, aan die Advertiser vertel.
"Die beroepslui, gemeenskapsleiers en onderwysers betrokke het werklik [op Mandela-dag] hul meer as 67 minute opgeoffer om in ons jeug se toekoms te belê," het Thomson bygevoeg. "Heelwat leerders het sekerheid oor hul beroep gekry of ander rigtings gesien wat hulle kan oorweeg."
Beroepslui betrokke by die onlangse ATKV-beroepsaand in Graaff-Reinet.
Further Education and Training-kollege, en Solidariteit se opleidingskollege Sol-Tech het ook die leerders toegespreek oor ambag- en universiteitsopleiding.
Al die leerders het klein geskenke van die ATKV ontvang vir hul bywoning. Die beroepslui, ouers en ander gaste het die aand afgesluit met 'n gesellige samesyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'