GRAAFF-REINET NUUS — Die Karoo Hokkieskool (KHS) bied 'n afrigtingstoernooi op 13 en 14 Julie by die Union Astro in Graaff-Reinet aan.
Die Karoo Hokkieskool is vroeër dié jaar in Graaff-Reinet gestig en is daar reeds 'n uiters geslaagde kliniek aangebied met behulp van Protea hokkiespeler Cornelle (née Botha) Holtzhausen.
Siende dat die platteland nie noodwendig baie geleenthede vir hokkie-ontwikkeling van junior spelers bied nie, streef KHS daarna om so veel moontlik geleenthede op eie bodem te skep vir die ontwikkeling van plaaslike spelers.
By dié beplande afrigtingstoernooi vir Julie, sal spelers die nuutste tegnieke en spelpatrone aanleer.
Afrigting en hulp tydens wedstryde sal ook spelers die nodige wedstrydervaring gee.
Afrigters wat tydens dié geleentheid teenwoordig gaan wees, sluit in:
• KHS se hoofafrigter Ina Botha, 'n provinsiale binnenshuis- en veldhokkiespeler met 25 jaar se afrigting-ervaring;
• provinsiale hokkiespeler Karin Reynolds;
• provinsiale hokkiespeler Arijana Botha;
• Protea hokkiespeler Cornelle (née Botha) Holtzhausen;
• SA O.21 mans hokkiespeler Calvin Beck en;
• Provinsiale doelwagter Hetma Michau.
Spelers van alle ouderdomme - sowel as beginners - is welkom (seuns en meisies). Die kostes beloop R550 per speler.
Skakel Ina Botha by 082 822 5311 of 049 840 0350 om in te skryf of om meer inligting te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'