KAROO NUUS - Jannie Lategan van Aberdeen en lid van die Merino-posduifklub het die wedvlug vanaf Carnarvon oor 248 km op 12 Augustus oorheers met nege uit die toptien plekke in die ope-afdeling en nog vier plekke in die jaaroudafdeling.
Die uitslae is as volg:
Ope-afdeling:
- Lategan-hokke, B - 1, 3, 4 en 10
- Lategan-hokke, A - 2, 7 en 8
- Lategan-hokke, C - 5 en 6
- E Makelima - 9
Jaaroud-afdeling:
- Lategan-hokke, C - 1, 4 en 6
- Lategan-hokke, A - 2
- JR Marais - 3
- A Everson - 5
- Karoo-hokke - 7
- G en J Heunis-hokke, B - 8
- G en J Heunis-hokke, A - 9
Junior-afdeling:
- Ian Maré - 1, 3 en 5
- Carla Maré - 2 en 4
- Sarah Hampton - 6, 7, 8 en 10
- Grantham Vers - 9
Jongeling Maré het weer met sy spogduif met ringnommer 76 gewen.
Na die Carnarvonwedvlug lyk die puntestand om as klubkampioen gekroon te word as volg:
- Karoo-hokke - 568 punte
- Lategan-hokke, A - 469 punte
- Lategan-hokke, B - 424 punte
- G en J Heunis-hokke, A - 418 punte
- Lategan-hokke, C - 376 punte
Op Saterdagoggend 19 Augustus het die Merino-posduifklub hul duiwe vanaf Williston in goeie weer losgelaat.
In 'n wedvlug oor 357 kilometer is die volledige uitslae as volg:
Ope-afdeling:
- Karoo-hokke - 1
- E Makelima - 2
- G en J Heunis-hokke, B - 3, 5 en 10
- Lategan-hokke, A - 4
- Afrikaner-hokke - 6
- G en J Heunis-hokke A - 7, 8 en 9
Jaaroud-afdeling:
- D Hampton - 1
- Karoo-hokke - 2 en 7
- G en J Heunis-hokke, A - 3 en 5
- G en J Heunis-hokke, B - 4 en 9
- Afrikaner-hokke - 6
- Lategan-hokke, A - 8
- E Makelima - 10
Juniors-afdeling:
- Ian Maré - 1, 2, 3, 5 en 9
- Sarah Hampton - 4 en 8
- Carla Maré - 6, 7 en 10
Ongelooflik dat Ian Maré weer met sy spogduif met ringnommer 76 gewen het.
Die Merino-posduifklub se volgende wedvlug vind plaas op Saterdagoggend, 26 Augustus, vanaf Calvinia.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’