GRAAFF-REINET NUUS— Vanaf 3 tot 7 Julie word 13 Laer Volkskool-Landsdieners die geleentheid gebied om die provinsiale kamp te Mentorskraal, Jeffreysbaai by te woon.
Dit beloof om 'n baie leersame en interessante ondervinding vir die leerders te wees.
Tydens dié kamp word Landsdieners gekies om die Oos-Kaap by die nasionale-kamp in Desember te verteenwoordig.
Die nasionale kamp vind vanjaar in KwaZulu-Natal plaas.
Die Volksies wat die kamp in Julie gaan bywoon is Elne Marx, Annelie Viljoen, Haley Read, Elize de Jager, lnke van der Merwe, Zelmien van Eeden en Marli van der Merwe, asook Petri van der Merwe, Jaco Fourie, Marco Jooste, Louis van den Berg, Keehan Lombard en Lliam van Heerden.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'