GRAAFF-REINET NUUS - Die onderwysers by Laer Volkskool is weer terug by die skool en daar is ook twee nuwe gesigte by.
Lauren Curtain is in die Graad 3-pos aangestel. Sy het een jaar sielkunde by Kovsies gestudeer en toe oorgeslaan onderwys toe en haar B.Ed Grondslagfase-graad voltooi het.
Sy kom oorspronklik van Port Elizabeth en dit was nog altyd haar droom om 'n onderwyseres te word.
Erisca Marais is in die Graad 5-pos aangestel. Sy was in Burgersdorp op skool en het daarna haar 4 jaar B.Ed Intermediêre- en Senior Fase deur Unisa gestudeer terwyl sy 'n studentonderwyseres by Laerskool Aliwal-Noord was.
Daar was sy betrokke by hokkie, tennis, die leerlingraad, redenaars, landsdiens en die OOV.
Volgende week stel ons die lesers voor aan die twee nuwe leerkragte by Hoër Volkskool.
Lauren Curtain
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'