Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Grootoog, opgewonde, maar tog effens versigtig oor wat op hul eerste skooldag wag. Dinsdag 18 Januarie was vir die nuwe gr. 1-leerders wat by Laer Volkskool vir hul oriënteringsdag ingeval het, die begin van 'n nuwe fase in hul lewe.
Graadeens het 'n superheldmasker ontvang toe hulle by die skool instap.
Almal is daarna deur die skoolhoof, Deon Joubert, en die gr. 1-onderwysers, Gerida Caricato en Cindy Marincowitz, asook 'n paar superhelde - die prefekte van 2022 - verwelkom.
Ná die verwel-koming is die graadeens klas toe saam met hulle onderskeie onderwysers. Hulle dag is afgesluit met 'n piekniek saam met die prefekte waar daar in boeresport soos toutrek, sakresies en 'n eier-op-'n-lepel-kompetisies gehou is.
FOTOGALERY: Laer Volkskool Gr1's
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'