GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se laaste projek vir 2022 was 'n prettige pantoffeldag op Donderdag 24 November.
Leerders kon pantoffels aantrek of gekleurde sokkies by hulle skooldrag dra en hulle is gevra om 'n skenking saam te bring vir 'n liefdadigheidsprojek.
Die tafels het behoorlik gekreun onder die gewig van die produkte wat die leerders en ouers geskenk het. Hierdie produkte sal in Kersfeespakkies opgemaak word vir behoeftige gesinne van die skool.
Kos, toiletware en ander produkte wat die leerders en ouers geskenk het.
Kospakkies sal 'n groot verskil maak oor die feestyd.
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo nuus'