GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool in Graaff-Reinet het Vrydag, 3 November, ‘n opedag aangebied vir die Graad R-leerders van Weppie Preppie wat in 2018 by die skool aansluit.
Die leerders het die geleentheid gehad om te sien hoe die klasse lyk, hoe die dag en week se roetine verloop en om die onderwysers te ontmoet.
“Die opedag is die begin van ‘n blywende vennootskap wat gesluit word tussen die ouers, hul kosbare kinders en die personeel van Laer Volkskool.
"Ons hoop om deur dié opedag die kinders te bemagtig om 2018 met selfvertroue hul skoolloopbaan in ‘n bekende omgewing te begin.
"Ons skool is geseënd met pragtige kinders,” het Deon Joubert, skoolhoof van Laer Volkskool, gesê.
Weppie Preppie se Graad R-leerders is baie opgewonde om volgende jaar deel te raak van die Laer Volkskool-familie.
Die kleinspan is baie opgewonde.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'