GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se grondslagfase-leerders het Donderdag 8 Februarie aan Laerskool Cradock se uitnodigingsatletiekbyeenkoms deelgeneem.
Altesaam 19 atlete van die skool het deelgeneem en uitstekend gevaar.
Leerders wat in die top 3 geeïndig het was:
- Hardus Lötter o.9 - eerste in die 60m- en 80m
- Alguiné Adams o.9 - eerste in die 60m
- Peter Martins o.9 - derde in die 60m
- Liyah Smith o.8 - tweede in die 60m en derde in die 80m
Die jongspan het ook elkeen 'n sertifikaat ontvang om te spog met hulle oorwinning.
Tennis
Op Maandag 5 Februarie het agt seuns- en dogters tennisspelers teen Laerskool Cradock kragte gemeet. Die wedstryde het op Laer Volkskool se bane plaasgevind.
LVS se dogters tennisspelers.
Die tellings is as volg:
- LVS se dogters verloor 18 - 38
- LVS se seuns verloor 22 - 34
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’