GRAAFF-REINET NUUS - Vrydag 4 November is 39 opgewonde gr. 5- en 6-leerders van Laer Volkskool se tasse gepak en die lang pad na Boknes, naby Alexandria, Oos-Kaap, aangedurf.
Die leerders het olifante, elande, zebras en cheetahs naby Addo Nasionale Park gesien. Daar is ook vinnig by Nanaga vir 'n paar peuselhappies gestop.
Kosvoorraad is by die kampeerterrein afgelaai en slaapplek gereed gekry. Die kamp is met 'n paar ysbrekers begin. Daarná is daar heerlik geëet en geoefen vir die sprokiesopvoering.
Die leerders het selfs 'n paar meerminne in die sand gemaak. Die middag is daar weer speletjies by die kampeerterrein gespeel en die aand is met 'n braai afgesluit.
Groep foto van die Volksies op Boknes.
Volksies bou meerminne in die sand.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'